Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 2:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God.

2. Jona het gesê:“In my nood het ek tot die Here geroep,en Hy het my gebed verhoor.Diep in die doderyk het ek hulp gevra,en U, Here, het my gehoor.

3. U het my die diepte ingegooi,diep in die see, en die watermassa het my omring.U het golf na golf oor my laat gaan.

4. Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn,maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.

5. Die waters het my toegevou,die groot water het my omring,seegras was om my kop gedraai.

6. Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge,die aarde het my vir altyd toegesluit.Maar U, Here my God, het my van die dood gered.

Lees volledige hoofstuk Jona 2