Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3:3-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Ek sal hulle strafomdat hulle lootjies getrek het oor my volk,omdat hulle 'n jong seun gegee het in ruil vir 'n hoeren jong meisies verkoop het vir wyn om te drink.

4. En júlle, Tirus en Sidon en die hele gebied van die Filistyne,wat is julle vir My?Wil julle julle op My wreek vir wat julle aangedoen is?As julle julle op My wil wreek, sal Ek gou optreeen julle dade op julle eie kop laat afkom.

5. Julle het my silwer en my goud gevat,julle het my kosbare skatte in julle tempels gebring.

6. Julle het die mense van Juda en Jerusalemin Griekeland gaan verkoop,julle het hulle ver weg uit hulle gebied uit weggevat,

7. maar Ek sal hulle laat uitbreek uit daardie plek uit,die plek waarnatoe julle hulle verkoop het,en dan sal Ek julle dade op julle eie kop laat afkom.

8. Ek sal julle seuns en dogters verkoop aan die mense van Juda,en hulle sal julle kinders verkoop aan die mense van Skeba,'n nasie wat ver van hier af is.Die Here het dit gesê.

9. Sê vir die nasies:“Maak julle klaar vir 'n oorlog,roep julle dapper manne op!Al julle soldate moet opruk en nader storm.

10. Maak swaarde van julle ploegskare,en spiese van julle snoeiskêre.Selfs die swakke moet sê: ‘Ek is 'n dapper soldaat!’

11. Maak gou en kom, al julle nasies van die omgewing.”Laat hulle bymekaarkom,en bring u leërmag af daarheen, Here!

12. Die nasies moet aanstormen opruk na die Josafatlaagte toe,want dáár sal Ek sitom al die nasies van die omgewing te straf.

13. Hulle sondes is baie:steek die sekel in, want die oes is ryp,kom trap, die parskuip is vol,die wynkuipe loop oor.

14. Daar is mense en nogmaals mense in die beslissingslaagte,want naby is die dag waarop die Here sal strafin die beslissingslaagte.

15. Die son en die maan sal donker word,die sterre sal nie meer skyn nie.

16. Die Here sal uit Sion brul,Hy sal sy stem uit Jerusalem laat hoor,en hemel en aarde sal bewe.Die Here is 'n toevlug vir sy volk,'n veilige vesting vir die Israeliete.

Lees volledige hoofstuk Joël 3