Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3:17-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is.Ek woon op Sion, my heilige berg.Dan sal Jerusalem heilig wees,vreemde nasies sal nie meer daardeur trek nie.

18. Daardie dag sal daar volop wyn wees op die berge,oorvloed melk op die heuwels.In al die slote van Juda sal daar water loop,'n fontein sal uit die huis van die Here borrelen die Sittimdal natlei.

19. Egipte sal van droogte vergaan,Edom sal 'n onbewoonbare woestyn word,want hulle het die mense van Juda wreed behandelen onskuldige bloed vergiet in hulle land.

20. Maar Juda sal sonder ophou bewoon worden Jerusalem vir altyd.

21. Ek sal my volk se sonde vergewe,die sonde wat Ek nog nie vergewe het nie,en Ek, die Here, sal op Sion woon.

Lees volledige hoofstuk Joël 3