Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 2:5-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Op die bergtoppe dreun hulle soos strydwaens,knetter hulle soos die vuur van 'n grasbrandwanneer dit strooi verbrand,rumoer hulle soos 'n groot leër wat klaarmaak om te veg.

6. Voor hulle bewe die nasies,almal word wit van angs.

7. Hulle storm vorentoe soos dapper soldate,hulle klim oor die stadsmure.Elkeen gaan reg vorentoe,hulle verander nie van rigting nie.

8. Die een stamp nie teen die ander nie;elkeen bly op sy pad.Hoe hulle ook sneuwel voor die verdediging,hulle raak nie van koers af nie.

9. Hulle oorval die stad,hulle hardloop oor die mure,hulle storm die huise binne,soos diewe klim hulle deur die vensters.

10. Die aarde skrik vir hulle,die hemel bewe;die son en die maan word donker,die sterre verloor hulle glans.

11. Die Here laat sy stem weerklink voor sy leërmag uit.Sy leër is ontsaglik groot,dié wat die Here se bevel uitvoer, is sterk.Die dag van die Here is 'n groot dag,'n verskriklike dag;wie is daarteen bestand?

12. Maar nou sê die Here:Kom met julle hele hart terug na My toe,vas, huil en treur!

13. Skeur julle harte, nie julle klere nie.Kom terug na die Here julle God toe:Hy is genadig en barmhartig;Hy is lankmoedig en vol liefde.Hy is bereid om straf te herroep.

14. Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie;of Hy nie weer voorspoed sal gee niesodat daar weer graan- en drankoffers sal weesvir die Here julle God!

15. Blaas die ramshoring in Sion,bepaal 'n dag om te vas,roep die gemeente bymekaar.

Lees volledige hoofstuk Joël 2