Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 2:27-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Dan sal julle besef dat Ek by Israel is,dat Ek die Here julle God is,dat daar buiten My nie 'n ander is nie.My volk sal nooit weer in die skande kom nie.

28. Wanneer dit alles gebeur het,sal Ek my Gees laat kom op al die mense,julle seuns en julle dogters sal as profete optree,julle oumense sal drome droom,julle jong mans sal visioene sien.

29. In daardie tyd sal Ek my Gees laat komselfs op dié wat nie in aansien is nie.

30. Ek sal tekens gee, in die hemel en op die aarde:bloed, vuur en rookwolke.

31. Die son sal donker word,die maan bloedrooien dan sal die groot, die vreeslike dag van die Here kom.

32. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.Op Sionsberg en in Jerusalem sal daar uitkoms wees.So het die Here beloof.Dié wat deur die Here geroep is,is by dié wat gered is.

Lees volledige hoofstuk Joël 2