Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 2:11-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Die Here laat sy stem weerklink voor sy leërmag uit.Sy leër is ontsaglik groot,dié wat die Here se bevel uitvoer, is sterk.Die dag van die Here is 'n groot dag,'n verskriklike dag;wie is daarteen bestand?

12. Maar nou sê die Here:Kom met julle hele hart terug na My toe,vas, huil en treur!

13. Skeur julle harte, nie julle klere nie.Kom terug na die Here julle God toe:Hy is genadig en barmhartig;Hy is lankmoedig en vol liefde.Hy is bereid om straf te herroep.

14. Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie;of Hy nie weer voorspoed sal gee niesodat daar weer graan- en drankoffers sal weesvir die Here julle God!

15. Blaas die ramshoring in Sion,bepaal 'n dag om te vas,roep die gemeente bymekaar.

16. Roep die volk op,reinig die gemeente,laat die leiers bymekaarkom,bring die kinders bymekaar,selfs dié wat nog drink.Die bruidegom moet uit sy kamer uitkom,die bruid uit haar wittebroodskamer.

17. Die priesters wat in die diens van die Here staan,moet tussen die voorportaal en die altaar gaan staan en huil,hulle moet sê:“Betoon medelye met u volk, Here,moenie die volk wat aan U behoort, tot 'n bespotting maak,sodat die nasies met hulle sal spot nie.Waarom moet daar onder die volke gevra word:Waar is Israel se God?”

18. Die Here het vir sy land opgekom,Hy het medelye betoon met sy volk.

Lees volledige hoofstuk Joël 2