Ou Testament

Nuwe Testament

Job 8:14-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Hy vertrou op 'n dun draadjie,hy maak op 'n spinnerak staat.

15. As hy teen sy huis leun, val dit om,hy gryp daarna, maar dit bly nie staan nie.

16. Hy is soos 'n welige plant in die son:hy rank oral oor die tuin,

17. hy vleg sy wortels om die klippe,en klou vas aan die klipmuur.

18. Maar as iemand hom uitroei,is daar niks van hom oor nie.

19. So kom hy tot sy eindeen in sy plek kom daar 'n ander.

20. “God verwerp nooit die opregte nieen staan ook nie dié by wat onreg doen nie.

21. Hy sal jou weer vreugde gee,jou van blydskap laat jubel.

22. Dié wat jou haat, sal met smaad bedek word;van die goddeloses bly daar niks oor nie.”

Lees volledige hoofstuk Job 8