Ou Testament

Nuwe Testament

Job 7:8-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Die oë wat my nou sien, sal my nie weer sien nie:U sal nog so na my kyk, dan is ek nie meer daar nie.

9. Soos 'n wolk weggaan en verdwyn,so gaan 'n mens dood en kom nie terug nie,

10. hy kom nooit terug na sy huis toe nie,en sy plek is vir altyd leeg.

11. “Nee, ek kan nie stilbly nie,in my beproewing wil ek praat,in my bitter lyding wil ek kla.

12. Is ek dan die see dat U my aan bande wil lê,of 'n seemonster dat U my laat bewaak?

13. As ek dink dat my bed my sal troosof dat ek verligting van die pyn sal kry as ek lê,

14. dan verskrik U my in my drome,en oorval U my met nagmerries,

15. sodat ek eerder verwurgen dood sou wou wees as om te lewe.

16. Ek wil nie meer nie, ek sal tog nie vir altyd lewe nie;laat my staan; my lewe is niks meer werd nie.

17. “Wat is die mens dat U soveel van hom maak,dat U hom so op die hart dra,

18. dat U hom van dag tot dag toets,hom van oomblik tot oomblik op die proef stel?

19. Wil U nie van my af wegkyken my 'n oomblikkie laat asem skep nie?

20. As ek gesondig het, wat kan ek teen U uitrig,U wat die mens gedurig oppas?Waarom het U my u teiken gemaak?Waarom moet ek vir U 'n las wees?

21. Waarom vergewe U dan nie my sondeen vergeet wat ek verkeerd gedoen het nie?Binnekort sal ek in die graf lê,U sal my soek, maar ek sal nie meer lewe nie.”

Lees volledige hoofstuk Job 7