Ou Testament

Nuwe Testament

Job 7:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Is 'n mens se lewe op aarde nie maar harde arbeid nie,en sy dae soos dié van 'n dagloner nie?

2. Sy lewe is soos dié van 'n slaaf wat smag na koelte,soos dié van 'n dagloner wat verlang na betaaltyd.

3. So bring ek my maande deur met swaarkry,my nagte is net smart.

4. As ek gaan slaap, dink ek:wanneer kan ek opstaan?Maar die nag sleep stadig verbyen ek rol rusteloos rond tot dagbreek toe.

5. My liggaam is oortrek van wurms, vol rowe en stof,my vel is vol barste en dit etter aanhoudend.

6. My dae loop vinnig soos 'n wewerspoel,die draad raak gou op.

7. Dink daaraan, o God, dat my lewe maar net 'n asempie is;ek sal nooit weer voorspoed beleef nie.

8. Die oë wat my nou sien, sal my nie weer sien nie:U sal nog so na my kyk, dan is ek nie meer daar nie.

9. Soos 'n wolk weggaan en verdwyn,so gaan 'n mens dood en kom nie terug nie,

10. hy kom nooit terug na sy huis toe nie,en sy plek is vir altyd leeg.

Lees volledige hoofstuk Job 7