Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:6-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Laat brand dan jou gloeiende toorn,sien elke trotsaard raak en sit hom op sy plek,

7. sien elke trotsaard raak en verneder hom,trap die goddeloses plat.

8. Begrawe hulle almal,lê hulle weg in die graf.

9. Dan sal Ek teenoor jou erkendat jy jou deur jou eie mag kan red.

10. “Kyk die seekoei:Ek het hom gemaak toe Ek jou gemaak het,hy vreet gras soos 'n bees.

11. Daar is krag in sy liggaam,die spiere in sy lyf is sterk.

12. Sy stert is so reguit soos 'n seder.Sy boudspiere is inmekaar gevleg.

13. Die bene in sy lyf is soos bronspype,soos stukke yster.

14. Onder alles wat Ek gemaak het, staan hy eerste,net sy Maker kan hom verslaan.

15. Die berge lewer vir hom die wateren al die wilde diere speel daar.

16. Hy lê tussen waterplante,hy skuil tussen die riete in die moeras.

17. Die skaduwee van die waterplante is sy skuiling,rondom hom is rivierpopuliere.

18. As die rivier sterk word, skrik dit hom nie af nie,hy bly rustig al styg die Jordaan hoe hoog.

Lees volledige hoofstuk Job 40