Ou Testament

Nuwe Testament

Job 30:9-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. “En nou sing hulle liedjies oor myen word ek deur hulle bespot.

10. Hulle verafsku my en wil niks met my te doen hê nie,dit is vir hulle niks om my in die gesig te spoeg nie.

11. God het my weerloos gemaak, hulpeloos;mense behandel my nie meer met eerbied nie.

12. Die gespuis val my goedsmoeds aan,hulle stamp my onderstebo,hulle bewerk my ondergang,

13. hulle breek my lewenspad op,hulle kry dit reg om my te vernietigsonder dat iemand hulle help.

14. Soos deur 'n wye bres kom hulle aan,kom hulle tussen die puinhope deur aangestorm,

15. en ek word deur angs oorval;my aansien het soos wind weggewaai,my hoop op uitkoms het soos 'n wolk verdwyn.

16. “Nou is daar geen hoop meer vir my nie,ondergang staar my elke dag in die gesig.

17. Elke nag skiet pyne deur my liggaam,knaagpyne wat nie end kry nie.

Lees volledige hoofstuk Job 30