Ou Testament

Nuwe Testament

Job 30:17-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Elke nag skiet pyne deur my liggaam,knaagpyne wat nie end kry nie.

18. Deur die groot geweld van God hang my klere vormloos aan my,word ek gewurg soos deur 'n boordjie om my nek.

19. Hy gooi my in die modder asof ek stof en as is.

20. Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie.Hier staan ek, maar U steur U nie aan my nie.

21. U draai U teen my met u geweld,U val my aan met mag.

22. U tel my op en laat die wind my wegwaai,U ruk my heen en weer in u stormwind.

23. Ek weet dat U my bestem vir die dood,die plek waar alle mense saamkom.

24. Sal ek hier van my puinhoop af dan nie my hand uitsteek om hulp nie?Sal ek in my ondergang nie om hulp roep nie?

25. Het ek nie trane gestort vir dié wat swaarkry nie,het ek nie meegevoel betoon met die armes nie?

26. Ek het toe die goeie verwag, maar rampe het my getref,ek het uitgesien na lig, maar donker het my oorval.

Lees volledige hoofstuk Job 30