Ou Testament

Nuwe Testament

Job 30:1-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Maar nou lag hulle vir my, mense wat jonger is as ek,mense wie se vaders ek nie werd geag hetom saam met die hondemy kleinvee op te pas nie.

2. Buitendien, wat sou hulle vir my kon beteken?Hulle is tot niks in staat nie:

3. hulle is uitgeteer deur gebrek en honger,hulle kou snags aan droë stokke in die dorre woestyn;

4. hulle pluk aan brakbossies en struike,die wortels van die besembos is vir hulle kos;

5. hulle is uitgestoot uit die gemeenskap,daar word op hulle geskel soos op diewe;

6. hulle woon in die beddings van spruite,in gate in die grond en tussen die rotse;

7. hulle balk soos wildedonkies tussen die struike,hulle soek skuiling in die bossies;

8. hulle is mense sonder verstand, sonder eer,uitgedryf uit die land.

9. “En nou sing hulle liedjies oor myen word ek deur hulle bespot.

10. Hulle verafsku my en wil niks met my te doen hê nie,dit is vir hulle niks om my in die gesig te spoeg nie.

11. God het my weerloos gemaak, hulpeloos;mense behandel my nie meer met eerbied nie.

12. Die gespuis val my goedsmoeds aan,hulle stamp my onderstebo,hulle bewerk my ondergang,

13. hulle breek my lewenspad op,hulle kry dit reg om my te vernietigsonder dat iemand hulle help.

14. Soos deur 'n wye bres kom hulle aan,kom hulle tussen die puinhope deur aangestorm,

15. en ek word deur angs oorval;my aansien het soos wind weggewaai,my hoop op uitkoms het soos 'n wolk verdwyn.

16. “Nou is daar geen hoop meer vir my nie,ondergang staar my elke dag in die gesig.

17. Elke nag skiet pyne deur my liggaam,knaagpyne wat nie end kry nie.

Lees volledige hoofstuk Job 30