Ou Testament

Nuwe Testament

Job 2:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Die Satan sê toe vir die Here: “Dit bewys nog niks. 'n Man sal mos alles gee wat hy het, as hy net kan bly lewe.

5. Maar raak nou net aan sy liggaam en kyk of hy U dan nie in u gesig vervloek nie.”

6. Toe sê die Here vir die Satan: “Goed, hy is in jou mag. Net sy lewe mag jy nie neem nie.”

7. Die Satan het van die Here af weggegaan en vir Job met pynlike swere getref, van sy kop tot sy tone.

8. Job het op 'n ashoop gaan sit en hy het 'n potskerf gevat en hom daarmee gekrap.

9. En sy vrou het vir hom gesê: “Bly jy nog steeds vroom? Vervloek God en sterf!”

10. Toe sê hy vir haar: “Jy praat nou soos 'n vroumens sonder verstand. As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?”Onder alles het Job met geen woord gesondig nie.

Lees volledige hoofstuk Job 2