Ou Testament

Nuwe Testament

Job 12:16-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. By Hom is daar mag en oorwinning,wie bedrieg en wie bedrieg word, is albei Syne.

17. Hy laat raadgewers van konings kaalvoet loopen maak van regeerders gekke.

18. Hy vernietig die gesag van koningsen laat hulle slaweklere dra.

19. Hy laat priesters kaalvoet loopen laat dié wat die mag het, ondergaan.

20. Hy laat die betroubares swygen verydel die goeie raad van leiers.

21. Hy laat smaad afkom op die koppe van die vernamesen Hy neem die mag van sterkes weg.

22. Hy gee lig in donker dieptes,Hy maak donker plekke lig.

23. Hy maak nasies groot en Hy vernietig hulle,Hy laat nasies uitbrei en laat hulle tot niet gaan.

24. Hy ontneem wêreldleiers hulle verstanden laat hulle ronddwaal in 'n wilde wêreld sonder pad.

25. Hulle tas in die donker rond sonder lig,Hy laat hulle ronddwaal soos dronkmense.

Lees volledige hoofstuk Job 12