Ou Testament

Nuwe Testament

Job 10:13-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Maar wat deur U verberg is,wat ek weet U in gedagte gehad het, is dit:

14. as ek sonde doen, sou U dit raaksien,van my oortredinge sou U my nie vryspreek nie.

15. As ek skuldig is, wag daar ellende vir my,as ek onskuldig is, is daar vir my geen vreugde nie,want ek is oorlaai met smaad en ek beleef net ellende.

16. Sou ek moed skep, maak U soos 'n leeu jag op myen staan U my weer voor in u onbegryplike mag.

17. U roep nuwe getuies in teen my,u woede laai op teen my;aanslag op aanslag tref my.

18. “Waarom het U my in die wêreld laat kom?Ek moes liewer gesterf het voordat 'n oog my kon sien.

19. Dan sou ek gewees het asof ek nooit bestaan het nieen is ek by geboorte al graf toe gedra.

20. My lewensdae is min genoeg,laat my tog met rus dat ek darem 'n bietjie vreugde kan hê

21. voordat ek weggaan na die stikdonker land toeen nooit terugkeer nie,

22. na die land van die donker nag met sy diep duisterniswaar niks georden is nie, waar die lig self donker is.”

Lees volledige hoofstuk Job 10