Ou Testament

Nuwe Testament

Job 10:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “My hele lewe walg my,daarom wil ek aan my klag vrye teuels geeen in my bitterheid praat.

2. Ek wil vir God sê: Moet my tog nie skuldig verklaar nie,maak aan my bekend waarom voer U hierdie stryd teen my.

3. Vind U dit goed om my te laat swaar kry,om wat U gemaak het, met veragting te behandel,maar die planne van die goddeloses met sukses te bekroon?

4. Kyk U met die oë van 'n mens?Sien U dinge soos 'n mens hulle sien?

5. Gaan u dae verby soos dié van 'n mens,u jare soos sý jare,

6. dat U rekenskap eis vir my oortredinge,dat U verantwoording vra vir my sonde?

7. “U weet dat ek nie skuldig is nie,maar niemand kan my uit u hand red nie.

8. U hande het my gevorm, my gemaak.Gaan U my nou heeltemal vernietig?

9. Dink daaraan dat U my soos klei gevorm het.Gaan U my nou weer stof laat word?

10. Het U my nie soos botter berei,soos kaas gevorm nie?

11. U het vir my vel en vleis gegee,U het my bene en senings aanmekaargeweef.

Lees volledige hoofstuk Job 10