Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 65:19-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Ek sal jubel oor Jerusalem,Ek sal bly wees oor my volk.Daar sal in Jerusalem nie meer iemand gehoor wordwat huil of om hulp roep nie.

20. Daar sal geen kind sterfwat maar 'n paar dae oud is nieen geen grysaard wat nie sy jare uitgeleef het nie.As iemand op honderdjarige leeftyd sterf,sal dit beskou word asof hy jonk gesterf het;as hy nie honderd word nie,sal hy beskou word as iemand wat vervloek is.

21. Dan sal mense huise bou en self daarin woon,hulle sal wingerde plant en self die druiwe eet.

22. Hulle sal nie huise bou waarin ander sal woon nie,hulle sal nie wingerde plantwaarvan ander die druiwe sal eet nie.My volk sal so oud word soos 'n boom.Dié wat Ek uitverkies het,sal self die vrug van hulle handewerk geniet.

23. Hulle sal hulle nie tevergeefs vermoei nie,hulle sal nie kinders hê vir wie daar rampe wag nie,want hulle sal 'n volk wees wat deur die Here geseën word,hulle en hulle afstammelinge.

24. Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord,terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.

25. Die wolf en die lam sal saam wei,die leeu sal strooi vreet soos 'n bees,en stof sal die kos van die slang wees.Op my heilige berg sal niks verkeerds gedoen word nie,niks vernietig word nie,sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 65