Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:9-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. uit al hulle nood.Hy was vir hulle nie 'n vyand nie,Hy self was die engel wat hulle gered het.Hy het hulle verlos deur sy liefde en ontferming;Hy het hulle opgetel en hulle altyd gedra.

10. Maar hulle het in opstand gekomen het sy Heilige Gees bedroef,daarom het die Here vir hulle 'n vyand geworden het Hy self teen hulle geveg.

11. Toe het sy volk gedink aan die ou dae,aan die tyd van Moses, en gevra:Waar is Hy wat sy kudde dwarsdeur die see gebring hetsaam met hulle herder?Waar is Hy wat sy Heilige Gees onder hulle gegee het?

12. Waar is Hy wat sy groot mag saam met Moses laat gaan het,die waters voor sy volk oopgekloof heten vir Hom 'n ewige Naam gemaak het?

13. Waar is Hy wat sy volk deur die diep waters gelei hetsonder dat iemand struikel,hulle gelei het soos perde deur 'n woestyn gelei word?

14. Soos 'n trop beeste na 'n groen vallei toe afgaan,so het die Gees van die Heresy volk na 'n woonplek toe gebring,so het U u volk gelei om die roem van u Naam te vermeerder.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63