Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:14-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Soos 'n trop beeste na 'n groen vallei toe afgaan,so het die Gees van die Heresy volk na 'n woonplek toe gebring,so het U u volk gelei om die roem van u Naam te vermeerder.

15. Kyk uit die hemel uit af,sien ons tog raak uit u heilige en verhewe woning.Waar is u brandende liefde, u magtige dade?Is U nie meer oor ons bewoë nie?Ontferm U U nie meer oor ons nie?

16. U is tog ons vader.Abraham weet niks van ons nieen Israel is nie van ons bewus nie;U, Here, is ons vader,van ouds af is u Naam: Ons Verlosser.

17. Waarom het U ons laat afdwaal van u paaie af, Here?Waarom het U ons hardkoppig gemaaksodat ons U nie gedien het nie?Wees tog weer soos vroeër ter wille van u dienaars,ter wille van die volk wat aan U behoort.

18. 'n Kort rukkie kon u gewyde volk u tempel gebruik,maar ons vyande het dit verwoes.

19. Ons het geword soos diéoor wie U nie van ouds af geregeer het nie,oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63