Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 63:11-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Toe het sy volk gedink aan die ou dae,aan die tyd van Moses, en gevra:Waar is Hy wat sy kudde dwarsdeur die see gebring hetsaam met hulle herder?Waar is Hy wat sy Heilige Gees onder hulle gegee het?

12. Waar is Hy wat sy groot mag saam met Moses laat gaan het,die waters voor sy volk oopgekloof heten vir Hom 'n ewige Naam gemaak het?

13. Waar is Hy wat sy volk deur die diep waters gelei hetsonder dat iemand struikel,hulle gelei het soos perde deur 'n woestyn gelei word?

14. Soos 'n trop beeste na 'n groen vallei toe afgaan,so het die Gees van die Heresy volk na 'n woonplek toe gebring,so het U u volk gelei om die roem van u Naam te vermeerder.

15. Kyk uit die hemel uit af,sien ons tog raak uit u heilige en verhewe woning.Waar is u brandende liefde, u magtige dade?Is U nie meer oor ons bewoë nie?Ontferm U U nie meer oor ons nie?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 63