Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 6:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul.

2. By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg.

3. Die serafs het mekaar telkens toegeroep:“Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige!Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”

4. Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.

5. Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.”

6. Een van die serafs het toe 'n gloeiende kool met 'n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg.

7. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”

8. Toe het ek die Here hoor vra:“Wie kan Ek stuur?Wie sal ons boodskapper wees?”Ek het geantwoord:“Hier is ek! Stuur my!”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 6