Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 59:12-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Ons oortredings teen U is baie,ons sondes kla ons aan.Ons oortredings bly ons by,ons bly bewus van ons sondes:

13. die oortreding en die geveinsdheid teenoor die Here,die ontrou teenoor ons God,die beplanning van onderdrukking, die verdraaiing van die reg,die uitdink en rondvertel van leuens.

14. Die reg het van die toneel verdwyn,die geregtigheid is ver van ons af,want die waarheid struikel waar daar reg gespreek word,eerlikheid kan nie daar inkom nie.

15. Die waarheid het verdwyn,wie ophou om kwaad te doen, word daaroor vervolg.Die Here het dit gesienen dit is verkeerd in sy oë dat daar geen reg is nie.

16. Hy sien dat daar niemand tussenbeide tree nie,Hy is verbaas daaroor.Daarom tree Hy self open laat Hy self sy geregtigheid geld.

17. Hy trek geregtigheid aan soos 'n pantseren redding is die helm op sy kop;Hy trek straf aan as klere,Hy hang woede om Hom soos 'n mantel.

18. Hy vergeld volgens verdienste:toorn vir sy teëstanders,straf vir sy vyande,vergelding vir die eilande soos hulle verdien.

19. Van oos tot wes sal die Naamen die mag van die Here geëer word.Wanneer die teëstander aanstorm soos 'n rivier,jaag die Gees van die Here hom op loop.

20. Die Here kom na Sion toe as Verlosser,na dié toe in Jakob wat hulle van hulle sonde bekeer.So sê die Here.

21. Wat My betref, sê die Here,dit is my verbond met die volk:my Gees wat op jou isen my woorde wat Ek in jou mond lê,sal nie uit jou mond en uit die mond van jou kindersen jou kindskinders verdwyn nie, sê die Here,nie nou nie en nooit nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 59