Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 52:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Word wakker, word wakker,ruk jou reg, Sion.Trek mooi klere aan,Jerusalem, heilige stad!Mense wat nie besny is nieen mense wat onrein is, sal nie meer in jou kom nie.

2. Skud die stof van jou af en staan op, Jerusalem,jy wat 'n gevangene is.Maak los die toue om jou nek, Sion,jy wat 'n gevangene is.

3. So sê die Here:Ek het julle verkoop, maar nie vir geld nie;julle sal losgekoop word, maar nie deur geld nie.

4. So sê die Here my God:In die begin het my volk afgegaan na Egipte toeen daar gewoon as vreemdelinge;later het Assirië hulle verdruk.

5. En wat kry Ek nou hier in Babel? vra die Here.My volk is sonder rede weggevoer,hulle leiers huil, sê die Here.My Naam word gedurig belaster.

6. Daardie dag sal my volk my Naam bely:dat Ek die Here is,dat dit Ek is wat sê: Hier is Ek!

7. Hoe wonderlik klink op die bergedie voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring,wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring,wat redding aankondig,wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!”

8. Hoor, jou wagte roep hard,hulle jubel almal saam,want hulle sien dat die Here na Sion toe terugkom.

9. Jubel en juig, puinhope van Jerusalem,want die Here het vir sy volk uitkoms gebring,Hy het Jerusalem verlos.

10. Die Here het sy heiligheid, sy mag, geopenbaar voor die oë van al die nasies.Tot aan die uithoeke van die aardesal hulle die redding sien wat ons God bewerk het.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 52