Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 51:7-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Luister na My, julle wat doen wat reg is,volk in wie se hart my wet is,moenie bang wees vir die spot van mense nie,moenie skrik as hulle julle beledig nie.

8. Hulle is soos lap wat deur motte gevreet word,soos wol wat deur vismotte verniel word.Maar die redding wat Ek bring, sal vir altyd wees,die verlossing wat Ek bewerk, sal daar wees vir elke geslag.

9. Gryp in, Here, gryp in!Toon u mag, u krag!Gryp in soos in die ou tyd,soos in tye lank gelede.Is dit dan nie U wat vir Rahab verslaan het nie,wat die seemonster deurboor het nie?

10. Is dit nie U wat die see,die groot diep waters laat opdroog het nie,U wat op die seebodem 'n pad gemaak hetsodat dié wat verlos is, kon deurgaan nie?

11. Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer,hulle sal juigend in Sion aankom,hulle sal altyd straal van blydskap,hulle sal vol vreugde en blydskap wees,ellende en smart sal verdwyn.

12. Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle.Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens,vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras?

13. Jy vergeet die Here wat jou gemaak het,wat die hemel oopgespan het,wat die aarde se fondamente gelê het.Jy was altyddeur bang vir die woede van die verdrukker,vir hom wat daarop uit was om jou te vernietig,maar waar is die woede van jou verdrukker nou?

14. Binnekort sal dié wat nog gevange gehou word,vrygelaat word,die ballingskap sal nie hulle graf word nie,en hulle sal nie honger ly nie.

15. Ek is die Here jou God,Ek laat die see onstuimig word,Ek laat sy golwe druis.Sy Naam is die Here die Almagtige!

16. Ek het vir jou gesê wat jy moet sê,en jou beskerm in die skaduwee van my hand,want Ek het die hemel oopgespanen die aarde se fondamente gelêen vir Sion gesê: Jy is my volk.

17. Word wakker, word wakker!Staan op, Jerusalem!Jy wat die oordeelsbekeruit die hand van die Here gedrink het,wat die beker gedrink het wat jou laat steier het,dit leeggedrink het!

18. Onder al die seuns wat jy in die wêreld gebring het,was daar nie een wat jou gelei het nie,onder almal wat jy grootgemaak het,was daar nie een wat jou aan die hand gevat het nie.

19. Kyk wat het jou alles getref.Wie het nog medelye met jou?Daar is net verwoesting en vernietiging,hongersnood en bloedvergieting.Wie kan vir jou uitkoms gee?

20. Soos wild wat in 'n vangnet gevang is,lê jou seuns magteloos op die hoeke van die strate,voluit getref deur die toorn van die Here,deur die straf van jou God.

21. Luister dan tog hierna,jy wat in soveel ellende verkeer,jy wat dronk is, maar nie van wyn nie.

22. So sê die Here, jou Here en jou Godwat die saak van sy volk behartig:Ek gaan die beker wat jou laat steier het,uit jou hand wegvat,die beker van my toorn.Jy hoef nie verder daaruit te drink nie.

23. Inteendeel, Ek sit dit in die hand van jou verdrukkers,hulle wat vir jou gesê het:“Gaan lê dat ons oor jou kan loop.”Jy moes jou rug soos die grond maak,soos 'n straat vir dié wat oor jou geloop het.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 51