Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 50:6-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan,my wang vir dié wat my baard uittrek.Ek het my gesig nie weggedraaitoe ek bespot en bespoeg is nie.

7. Die Here my God help my,ek sal nie teleurgestel staan nie;ek sal my nie ontstel nie,ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie.

8. Hy wat my onskuldig sal verklaar, is naby;wie wil 'n aanklag teen my inbring?Laat ons elkeen sy saak stel.Wie wil my aankla?Laat hom vorentoe kom.

9. Die Here my God help my;wie sal my dan skuldig verklaar?Dit is verby met almal wat my beskuldig,soos met 'n lap wat deur motte gevreet word.

10. Wie van julle dien die Hereen luister na sy dienaar?Wie in die donker loopen geen lig sien nie,moet op die Here vertrou,moet op sy God steun.

11. Maar julle wat vure aansteek,wat brandpyle gereed maak,julle sal in julle eie vuur brand,deur julle eie brandpyle sal julle doodbrand.Dit is my mag wat dit oor julle bring,julle sal beland in die plek waar die pyn nooit ophou nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 50