Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 45:12-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Ek het die aarde gemaak;die mensdom wat daarop is, het Ek geskep.Ek het met my hande die hemel oopgespanen Ek het aan al die hemelliggame hulle opdragte gegee.

13. Ek het vir Kores te voorskyn laat tree om reg te laat geskied;Ek verwyder elke hindernis op sy pad.Hy sal my stad weer opbouen my ballinge terugstuursonder dat hy betaling of 'n geskenk daarvoor ontvang,sê die Here die Almagtige.

14. So sê die Here:Die opbrings van Egipte en die winste van Kussal na jou toe oorgaan en sal joune wees,ook die mense van Seba, die groot mense.Hulle sal agter jou loop en jou volg in kettings,hulle sal diep voor jou buig en teenoor jou bely:“Waarlik, God is by jou,en daar is geen ander nie,daar is nie nog 'n God nie.”

15. U is die God wat U verborge hou,die God van Israel, die Redder!

16. Dié wat afgode maak, staan almal verleë,teleurgestel in hulle verwagting,hulle kom bedroë daarvan af.

17. Maar Israel word deur die Here geredmet 'n blywende redding.Hulle sal nie verleë staan nie en nooit teleurgestel word nie.

18. So sê die Here, Hy wat die hemel geskep het,Hy wat alleen God is,Hy wat die aarde gevorm, gemaak het,dit gereed gemaak, geskep het,dit gevorm het, nie om leeg te wees nie,maar om bewoon te word:Ek is die Here; daar is geen ander nie.

19. Ek het nie in die geheim gepraatiewers in 'n donker land nie.Ek het nie aan die nakomelinge van Jakob gesê om My in 'n onbewoonbare land te dien nie.Wat Ek, die Here, sê, bring redding,my woorde gee lewe.

20. Kom almal bymekaar, kom nader vir die beslissing,vlugtelinge uit die nasies.Dié wat afgodsbeelde dra wat van hout gemaak is,en tot 'n god bid wat nie kan red nie,het geen insig nie.

21. Stel julle saak en bring julle bewyse,beraadslaag gerus met mekaar daaroor.Wie het wat nou gebeur, lankal aangekondig?Wie het al vantevore gesê dit sal gebeur?Is dit nie Ek, die Here, nie?Daar is buiten My geen God nie;net Ek is 'n God wat regverdig is en red.

22. Kom na My toe dat julle gered kan word,almal op die aarde,want Ek is God, daar is geen ander nie.

23. Ek lê 'n eed af in my eie Naam,wat Ek sê, is betroubaar,dit is 'n woord wat nie onvervul sal bly nie:voor My sal elke knie buig,in my Naam sal elke tong 'n eed aflê.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 45