Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 44:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Maar luister nou, my dienaar Jakob,Israel wat Ek uitverkies het:

2. So sê die Here wat jou gemaak het,Hy wat jou gevorm het in die moederskooten jou nou nog help:Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob,Jesurun wat Ek uitverkies het.

3. Ek sal volop water gee op die dorsland,strome op die droë grond.Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders,my seën op jou nakomelinge.

4. Hulle sal uitspruit soos gras in die veld,soos wilgerbome langs waterlope.

5. Die een sal sê: “Ek behoort aan die Here,”en homself 'n nakomeling van Jakob noem;die ander sal op sy hand skryf: Die Here S'nen homself 'n lid van die volk Israel noem.

6. So sê die Here, die Koning van Israel,sy Verlosser, die Here die Almagtige:Ek is die eerste en Ek is die laaste,buiten My is daar geen God nie.

7. Wie soos Ek is, laat hom dit sê,laat hom sy saak stel en dit aan My voorlê;laat hom 'n verklaring gee van wat gebeur hetvandat Ek my volk lank gelede gemaak heten ook van wat sal gebeur;laat hy vertel van die dinge wat kom.

8. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie!Het Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig,dit vir julle gesê nie?Julle is my getuies: is daar 'n God buiten My?Daar is geen ander Rots nie;Ek weet van geeneen nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 44