Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 44:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Maar luister nou, my dienaar Jakob,Israel wat Ek uitverkies het:

2. So sê die Here wat jou gemaak het,Hy wat jou gevorm het in die moederskooten jou nou nog help:Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob,Jesurun wat Ek uitverkies het.

3. Ek sal volop water gee op die dorsland,strome op die droë grond.Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders,my seën op jou nakomelinge.

4. Hulle sal uitspruit soos gras in die veld,soos wilgerbome langs waterlope.

5. Die een sal sê: “Ek behoort aan die Here,”en homself 'n nakomeling van Jakob noem;die ander sal op sy hand skryf: Die Here S'nen homself 'n lid van die volk Israel noem.

6. So sê die Here, die Koning van Israel,sy Verlosser, die Here die Almagtige:Ek is die eerste en Ek is die laaste,buiten My is daar geen God nie.

7. Wie soos Ek is, laat hom dit sê,laat hom sy saak stel en dit aan My voorlê;laat hom 'n verklaring gee van wat gebeur hetvandat Ek my volk lank gelede gemaak heten ook van wat sal gebeur;laat hy vertel van die dinge wat kom.

8. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie!Het Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig,dit vir julle gesê nie?Julle is my getuies: is daar 'n God buiten My?Daar is geen ander Rots nie;Ek weet van geeneen nie.

9. Dié wat afgodsbeelde maak, is self almal niks;die dierbare gode van hulle kan nie help nie.Dié wat vir hulle moet getuig, kan nie sien nie,kan nie verstaan nie;dié wat sulke gode het, word teleurgestel.

10. Wie maak nou 'n god, giet 'n beeldwat nie kan help nie!

11. Almal wat so 'n god aanhang, word teleurgestel:dit is gode wat deur mense gemaak is.Wanneer dié wat hulle aanhang, bymekaarkom vir 'n beslissing,staan hulle verbyster en verleë.

12. Die ystersmid vat 'n stuk gereedskapen werskaf in die gloeiende kole.Met hamers vorm hy die beeld,met sy gespierde arm maak hy die beeld:die smid eet nie en word swak,hy drink nie water nie en raak uitgeput.

13. Die ambagsman wat hout gebruik, meet met sy maatlynen merk die beeld se buitelyne af.Hy bewerk hom met beitelsen trek sy mate met 'n passer af.Hy maak hom in die vorm van 'n mens,'n pragtige mens wat in 'n huis moet woon.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 44