Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 43:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Luister, so sê die Herewat jou geskep het, Jakob,wat jou gevorm het, Israel:Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,Ek het jou op jou naam geroep,jy is Myne.

2. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou,deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie;as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie,die vlamme sal jou nie brand nie,

3. want Ek is die Here jou God,die Heilige van Israel, jou Redder.Ek gee Egipte as losprys vir jou,Kus en Seba in jou plek.

4. Omdat jy vir My kosbaar is,omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,gee Ek mense in jou plek,volke in ruil vir jou lewe.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 43