Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 42:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hier is my dienaar, Ek stel hom aan.Ek het hom uitverkies, hy geniet my guns.Ek laat my Gees op hom kom,hy sal my wil aan die nasies bekend maak.

2. Hy sal nie roep nie, hy sal nie hard skree nie,hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie.

3. 'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie,'n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie.Hy sal my wil bekend maak soos dit is.

4. Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nietotdat hy my wil op aarde gevestig het.Die eilande wag op wat hy hulle sal leer.

5. So sê God, die Here,Hy wat die hemelkoepel geskep en dit oopgespan het,Hy wat die aarde gevorm het en alles wat dit oplewer,Hy wat aan al die mense op aarde die asem gee,die lewe aan alles wat op die aarde beweeg:

6. Ek is die Here.Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep.Ek hou jou vas,Ek beskerm jouen Ek maak jou my verbond met my volk,my lig vir die nasies.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 42