Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 40:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Gras verdor en blomme verwelk,maar die woord van ons God bly vir ewig.

9. Klim op 'n hoë berg en roep hard, Sion,jy wat die goeie tyding moet bring;roep hard, Jerusalem,jy wat die goeie tyding moet bring,moenie bang wees nie.Sê vir die stede van Juda:“Julle God is hier!”

10. Die Here God kom,Hy is die Magtige, Hy regeer.Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het,dié wat aan Hom behoort, is by Hom.

11. Soos 'n herder versorg Hy sy kudde:die lammers maak Hy bymekaar in sy armsen Hy dra hulle teen sy bors,Hy sorg vir die lammerooie.

12. Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet,met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal,met 'n maatemmer die grond van die aarde afgemeet,met 'n skaal die berge en die heuwels geweeg?

13. Wie kan die Gees van die Here peil,wie kan sy raadgewer wees?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 40