Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 40:17-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Al die nasies is soos niks teenoor Hom,hulle is vir Hom minder as niks, asof hulle nie bestaan nie.

18. Met wie kan julle God dan vergelyk?Met watter beeld kan julle Hom gelykstel?

19. 'n Beeld word deur 'n ambagsman gegieten deur 'n smid met goud oorgetreken met silwerkettinkies versier.

20. Wie te arm is vir so 'n offer aan sy god,kies hout wat nie vrot nieen soek vir hom 'n bedrewe ambagsmanom vir hom 'n beeld te maak wat nie omval nie!

21. Weet julle dan nie,het julle nie gehoor nie,is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie,het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie?

22. God het sy troon bokant die hemelkoepel,die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane.Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek,oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.

23. Hy maak die vername mense tot niks,die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie.

24. Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai,skaars het hulle wortelgeskiet,of Hy blaas sy asem oor hulle, en hulle verdor,die stormwind vat hulle weg soos stoppels.

25. Met wie kan julle My dan vergelyk,wie is soos Ek? vra die Heilige.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 40