Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 38:8-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Ek sal die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas se sonwyser afgesak het, tien trappe laat terugskuif.”En die son het tien trappe teruggeskuif op die trappe waarop dit reeds afgesak het.

9. Na die siekte en herstel van koning Hiskia van Juda het hy geskryf:

10. Ek het gedink:in die fleur van my lewe sal ek sterf,op vroeë leeftyd sal ek aan die doderyk oorgegee word.

11. Ek het gedink ek sal die Here nie meer sien nie,die Here in die land van die lewendes,ek sal geen mens meer sien nie,by dié wat op die aarde woon, nie meer wees nie.

12. My woonplek is afgebreek,opgerol soos 'n skaapwagter se tent.My lewe is verby, afgebreek soos 'n weefdraad.U het aangehou om my te straf.

13. Ek het die hele nag stilgebly,maar soos 'n leeu het U my bene verbreek,U het aangehou om my te straf.

14. Ek het gekerm soos 'n voël wat kerm,ek het gekla soos 'n duif.My oë het moeg geword van opkyk na die hemel toe.Here, red my uit my ellende.

15. Wat kan ek sê?Die Here het met my gepraat,Hy het gedoen wat Hy gesê het.Ek sal my hele lewe lank swaar loopoor wat ek moes verduur.

16. Mense leef ten spyte hiervan, Here,en ek sal daarmee saam kan leef,maar maak my tog gesond, herstel my!

17. Dit was vir my goed om soveel te ly;U het my lief, U het my uit die dood gered;U het al my sondes vergewe.

18. In die doderyk kan niemand U loof nie,geeneen wat dood is, kan U prys nie;niemand in die graf dink aan u trou nie!

19. Net hulle wat nog lewe, kan U loof,so doen ek dit vandag.Vaders sal hulle kinders van u trou vertel.

20. Here, U het my gered.Ons sal op ons liere speelal die dae van ons lewe,in die huis van die Here.

21. Jesaja het toe opdrag gegee dat hulle 'n vyekoek moet bring en op die sweer moet sit, en die koning het beter geword.

22. Toe vra Hiskia: “Wat is die teken dat ek weer na die huis van die Here toe sal gaan?”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 38