Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 38:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesê: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.”

2. Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here:

3. “Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë.”Hiskia het bitterlik gehuil.

4. Die Here het toe vir Jesaja gesê:

5. “Gaan sê vir Hiskia: So sê die Here die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng

6. en jou en dié stad red uit die mag van die koning van Assirië. Ek sal dié stad beskerm.

7. Ek, die Here, gee vir jou die volgende teken dat Ek sal doen wat Ek gesê het:

8. Ek sal die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas se sonwyser afgesak het, tien trappe laat terugskuif.”En die son het tien trappe teruggeskuif op die trappe waarop dit reeds afgesak het.

9. Na die siekte en herstel van koning Hiskia van Juda het hy geskryf:

10. Ek het gedink:in die fleur van my lewe sal ek sterf,op vroeë leeftyd sal ek aan die doderyk oorgegee word.

11. Ek het gedink ek sal die Here nie meer sien nie,die Here in die land van die lewendes,ek sal geen mens meer sien nie,by dié wat op die aarde woon, nie meer wees nie.

12. My woonplek is afgebreek,opgerol soos 'n skaapwagter se tent.My lewe is verby, afgebreek soos 'n weefdraad.U het aangehou om my te straf.

13. Ek het die hele nag stilgebly,maar soos 'n leeu het U my bene verbreek,U het aangehou om my te straf.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 38