Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 36:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die veertiende regeringsjaar van koning Hiskia het koning Sanherib van Assirië al die vestingstede in Juda aangeval en verower.

2. Daarna het die koning van Assirië sy hoofadjudant met 'n groot leër uit Lakis na koning Hiskia toe in Jerusalem gestuur. Hulle het posisie ingeneem langs die kanaal van die boonste dam, langs die pad na die Bleikveld toe.

3. Die paleisbestuurder Eljakim seun van Gilkija, die staatsekretaris Sebna en die hoof uitvoerende beampte Joag seun van Asaf het toe na die hoofadjudant van Assirië toe gegaan.

4. Toe sê hy vir hulle: “Sê vir Hiskia: So sê die groot koning, die koning van Assirië: Waarop berus hierdie vertroue van jou?

5. Jy dink woorde alleen is genoeg vir strategie en militêre mag. Op wie vertrou jy dat jy in opstand is teen my?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 36