Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 30:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ellende wag vir die rebelse mensewat planne uitvoer wat nie van My af kom nie, sê die Here,dié wat verdrae sluit wat nie volgens my wil is nieen so sonde op sonde stapel.

2. Hulle gaan af na Egipte toesonder om My te raadpleeg,hulle gaan soek steun by die mag van die farao,hulle wil beskerming by Egipte hê,

3. maar hulle sal teleurgestel staan met die farao se mag en al,die beskerming deur Egipte sal hulle niks baat nie.

4. Die leiers van Juda is al in Soan,sy boodskappers het al in Ganes aangekom,

5. maar hulle sal almal teleurgestel worddeur dié volk wat nie kan help nie,wat nie hulp en bystand kan verleen niemaar wat skande en vernedering bring.

6. 'n Uitspraak van die Here oor die diere in die Suidland:Die gesante van Juda bring hulle ryk geskenke, hulle skatte,op die rûe van hulle donkies en hulle kamele;hulle bring dit deur 'n gebied vol gevaar en angswaar leeus en slange boer en waar drake rondvlieg,hulle bring dit na 'n volk toe wat nie kan help nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 30