Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 3:13-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Die Here is gereed vir die regsaak,Hy staan klaar om oor die volk te oordeel.

14. Die Here begin die saakteen die leiers en die hoë amptenare van sy volk:Julle het die wingerde gestroop;wat van die hulpeloses geroof is,lê in julle huise.

15. Wat besiel julle dat julle my volk vertrapen die hulpeloses verdruk?vra die Here my God, die Almagtige.

16. Verder het die Here gesê:Omdat die vrouens van Sion hoogmoedig isen kop in die lug rondloopterwyl hulle ogies maak,wegstap met trippelgangen hulle enkelringe laat rinkel,

17. sal Ek, die Here, hulle hare afskeer.Ja, die Here sal hulle koppe kaalskeer.

18. Op dié dag sal die Here die versiersels wegneem: enkelringe, sonnetjies en maantjies,

19. oorbelletjies en armbande, sluiers

20. en hooftooisels, voetkettinkies, versierde gordels, reukwater en gelukbringertjies,

21. ringe en neusringe,

22. feesklere, mantels en tjalies, handsakkies

Lees volledige hoofstuk Jesaja 3