Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 29:10-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. want die Here het julle in 'n diep slaap laat wegsak:die profete moes julle oë weesen die sieners julle koppe,maar julle oë is nou toeen daar is 'n doek oor julle koppe.

11. Elke openbaring is nou vir jullesoos die woorde in 'n verseëlde boek:jy gee dit vir iemand wat kan leesen jy vra: “Lees dit asseblief vir my,”en hy sê: “Ek kan nie, die boek is verseël.”

12. Of jy gee die boek vir iemand wat nie kan lees nieen jy vra: “Lees dit asseblief vir my,”en hy sê: “Ek kan nie lees nie.”

13. Die Here het gesê:Hierdie volk is naby My met die mond,hulle eer My met wat hulle sê,maar hulle hart is ver van My af,hulle dien My soos mense dit wil hê,nie soos Ek wil nie.

14. Daarom gaan Ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk:die een ongehoorde ding na die ander,sodat die wysheid van sy wyse manne sal verdwyn,die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan.

15. Ellende wag vir dié wat dinkhulle kan hulle planne diep wegsteek vir die Here,hulle wat besig is om dinge in die donker te doenen dink: wie sien ons? Wie weet van ons?

16. Julle is agterstevoor met alles,asof die pottebakker die klei is.Die maaksel kan mos nie van sy maker sê:“Hy het my nie gemaak nie”;die kleipot kan mos nie van die pottebakker sê:“Hy weet nie wat hy doen nie.”

17. Nog net 'n baie kort tydjie,dan verander die Libanon in 'n vrugteboorden word die vrugteboord so digdat dit vir 'n bos aangesien word.

18. Daardie dag sal die dowes kan hoorwat daar in die boek staan,en sal die blindes weer kan sienuit die donker, uit die duisternis uit.

19. Die mense in nood sal weer bly wees oor die Here,die arm mense sal juig oor die heilige God van Israel.

20. Daar sal nie meer wreedaards wees nie;dit sal klaar wees met die ligsinniges,elkeen wat altyd gereed was om onreg te doen,sal uitgeroei word,

21. ook dié wat sommer mense tot oortreders verklaar het,strikke gespan het vir dié wat reg wou laat geskied,en onskuldige mense hulle reg ontneem hetdeur vals getuienis.

22. So sê die Here, Hy wat vir Abraham verlos het,Hy sê oor Jakob:Die nageslag van Jakob sal hulle nie meer hoef te skaam nie,hulle sal nie meer bleek van verleentheid hoef te word nie,

23. want wanneer hulle die kinders sien wat Ek aan hulle gee,sal hulle my heilige Naam eer;hulle sal die heilige God van Jakob eer,hulle sal ontsag hê vir die God van Israel.

24. Dan sal dié wat gedwaal het, insig kry,en dié wat gedurig foutgevind het, sal hulle laat leer.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 29