Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28:20-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Die bed sal te kort wees om reguit op te lê,die kombers te smal om jou daarmee toe te maak.

21. Soos by Perasimberg sal die Here Hom gereed maak,soos in die laagte by Gibeon sal Hy Hom in sy toorn voorbereiom te doen wat Hy wil doen,om die taak te verrig waartoe Hy besluit het,en dit is iets vreemds wat Hy wil doen,dit is 'n uitsonderlike taak.

22. Staak julle ligsinnigheidsodat die bande nie nog stywer om julle getrek word nie!Ek het by die Here my God, die Almagtige, gehoordat dit by Hom vasstaan:Hy gaan die hele land verwoes.

23. Gee aandag, luister na wat ek sê,let op, luister na my woorde:

24. Hou 'n boer aan met ploeg as hy wil saai?Hou hy aan grond breek en vore trek?

25. As hy die grond gelyk gemaak het,saai hy mos swartkomyn en komyn,sit hy koring en gars in waar dit moet komen spelt aan die kante.

26. Sy God leer hom en gee hom die kennishoe om alles te doen soos dit hoort.

27. Swartkomyn word mos nie met 'n slee uitgedorsof komyn met wawiele uitgetrap nie.Swartkomyn en komyn word met 'n stok uitgeslaan.

28. Graan word gemaal vir brood,maar 'n mens hou nie eindeloos aan om dit te laat trapdeur wawiele en deur trekdieretot dit fyn is nie.

29. Ook dit is iets wat van die Here die Almagtige af kom;kennis wat van Hom kom, is wonderbaaren laat alles voorspoedig verloop.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 28