Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28:12-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Hy het vir hulle gesê: Die rus moet hier wees,gee hier vir die vermoeide rus,hier is die plek vir vrede!Maar hulle wou nie luister nie.

13. Die woord van die Here tot hulle sal nou wees'n bietjie brabbeltaal hieren 'n bietjie brabbeltaal daar,sodat hulle sal struikel waar hulle ook gaan,verstrik sal raak, gevang en vernietig sal word.

14. Hoor die woord van die Here, julle ligsinnigeswat regeer oor hierdie volk in Jerusalem!

15. Julle sê: “Ons het 'n ooreenkoms met die dood,ons het 'n verstandhouding met die doderyk;wanneer die vloed aangestroom kom,sal hy ons nie tref nie.Ons het die leuen ons skuilplek gemaak,ons kruip veilig weg agter die valsheid!”

16. So sê die Here my God:Ek gaan in Sion 'n klip neersit,'n uitgesoekte klip, 'n hoekklipwat fondament aan fondament sal sluit.Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie.

17. Ek maak geregtigheid die maatstaf,regverdigheid die toets.Die hael sal julle skuilplek van leuens uitwis,die water sal julle wegkruipplek wegspoel.

18. Julle ooreenkoms met die dood word opgehef,julle verstandhouding met die doderyk sal nie bly staan nie.Wanneer die vloed aangestroom kom,sal julle in hom ondergaan.

19. Hy sal julle meesleur elke keer as hy kom,en hy sal dag vir dag kom,dag en nag.Dan sal dit louter verskrikking weesom die boodskap uit te lê wat ontvang is.

20. Die bed sal te kort wees om reguit op te lê,die kombers te smal om jou daarmee toe te maak.

21. Soos by Perasimberg sal die Here Hom gereed maak,soos in die laagte by Gibeon sal Hy Hom in sy toorn voorbereiom te doen wat Hy wil doen,om die taak te verrig waartoe Hy besluit het,en dit is iets vreemds wat Hy wil doen,dit is 'n uitsonderlike taak.

22. Staak julle ligsinnigheidsodat die bande nie nog stywer om julle getrek word nie!Ek het by die Here my God, die Almagtige, gehoordat dit by Hom vasstaan:Hy gaan die hele land verwoes.

23. Gee aandag, luister na wat ek sê,let op, luister na my woorde:

24. Hou 'n boer aan met ploeg as hy wil saai?Hou hy aan grond breek en vore trek?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 28