Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 26:5-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Hy bring dié wat in hoë vestings woon, af grond toe,Hy gooi hulle hoë stadsmure om,Hy maak dit gelyk met die gronden laat lê dit in die stof.

6. Hulle sal onder die voete vertrap word,onder die voete van onderdruktes;die armes sal op hulle trap.

7. Die pad van die regverdige is reguit,U maak sy pad gelyk.

8. Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U.Ons wil u Naam eer en U aanroep.

9. In die nag smag ek na U,in die môre vra ek na u wil.Wanneer U die aarde straf,leer sy inwoners wat geregtigheid is.

10. Daar word goed gedoen aan die goddeloses,maar hulle leer nie wat geregtigheid is nie,hulle verdraai die regen erken nie die mag van die Here nie.

11. U staan gereed om hulle te straf, Here,maar hulle steur hulle nie daaraan nie.Laat hulle ondervind dat U vir u volk opkom:laat die pogings van hierdie teëstanders van U misluk,laat vuur hulle verteer.

12. U regeer in vrede oor ons, Here,U doen alles vir ons.

13. Behalwe U, Here ons God, het ander konings oor ons geregeer,maar ons wil net ú Naam onthou.

14. Hulle is nou dood en sal nie weer lewe nie,hulle gees sal nie weer opstaan nie.U het hulle gestraf en uitgewis,U maak dat niemand meer aan hulle dink nie.

15. Here, U het u volk meer laat word,U het hulle meer laat worden hulle landsgrense uitgebrei.So het U u mag getoon.

16. Here, in hulle nood het hulle hulle toevlug tot U geneem,toe U hulle met swaarkry gestraf het, het hulle U aangeroep.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 26