Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:6-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Elam kom met pyl en boog,hulle ry op strydwaens en perde,Kir maak sy oorlogswapens gereed.

7. Juda se vlaktes waarop hy trots is, staan vol strydwaens en perderuiters,sy stadspoorte is beleër,

8. sy vestingmure sal afgebreek word.Dan sal julle gryp na die wapens in die Paleis van die Bos,

9. julle sal sien hoe baie gate daar is in die mure van die Dawidstaden julle sal die water van die onderste kanaal opdam,

10. en die huise in Jerusalem nagaan.Julle sal party huise afbreek om die stadsmuur te versterk

11. en julle sal 'n dam tussen die mure bou vir die water van die ou kanaal.Julle het nie geluister na Hom wat die stad gemaak het nie,julle het Hom wat dit lank gelede gestig het, nie gehoorsaam nie.

12. Daardie dag sal die Here my God, die Almagtige, julle roep om te huil en te treur,om julle koppe kaal te skeer en om rouklere aan te trek.

13. Maar nou is julle nog vrolik en plesierig,julle slag beeste en kleinvee, julle eet vleis en julle drink wyn, julle sê:“Laat ons eet en drink, want môre is ons dood.”

14. Die Here die Almagtigehet aan my bekend gemaak:Hierdie sonde sal julletot die dag van julle dood toenie vergewe word nie.Dit het die Here my God, die Almagtige, gesê.

15. Die Here my God, die Almagtige, het vir my gesê: Gaan na daardie hoë amptenaar, na Sebna toe, wat in beheer is van die paleis, en sê vir hom:

16. Wat maak jy hier? Wie dink jy is jy dat jy hier vir jou 'n graf bou, 'n graf hier teen die hoogte soos dié van 'n koning, soos een wat vir hom 'n blyplek in die rots gereed maak?

17. Die Here sal jou weggooi, Hy sal jou ver weggooi, jou verwaande vent, en jou behoorlik toepak!

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22