Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:20-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Dan sal Ek my dienaar Eljakim seun van Gilkija roep, sê die Here,

21. Ek sal jou ampskleed vir hom aantrek, jou serp vir hom omhang en die gesag wat jy nou het, vir hom gee. Hý sal vir die mense van Jerusalem en vir die inwoners van Juda 'n vader wees.

22. Aan hom sal Ek die sleutels van die koning se huis gee; wat hý oopsluit, sal niemand toesluit nie, wat hý toesluit, sal niemand oopsluit nie.

23. Ek sal hom in sy amp bevestig, hy sal wees soos 'n spyker wat goed ingeslaan is, in sy amp sal hy die trots van sy hele familie word.

24. Maar wanneer die trots van sy hele familie, sy nageslag en sy veraf familie, selfs van die geringes onder hulle, aan hom hang soos kombuisgereedskap aan 'n spyker,

25. sê die Here die Almagtige, sal die spyker wat goed ingeslaan is, ingee; dit sal afbreek en val, en die vrag wat daaraan gehang het, sal tot niet gaan.Die Here het dit gesê.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22