Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:1-2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1-2. 'n Uitspraak van die Here teen die plek waar visioene gesien word: Stad wat altyd vol rumoer was, wat altyd uitbundig en uitgelate feesgevier het, stad waar dié wat gesneuwel het, nie deur die swaard geval het nie, nie in 'n oorlog omgekom het nie, waarom het jou mense nou almal op die dakke van die huise geklim?

3. Al jou leiers het soos een man op die vlug geslaan, hulle is gevang sonder dat 'n enkele pyl afgeskiet is. Dié wat gevang is, is almal saam gevang toe hulle ver weg gevlug het.

4. Daarom het ek gesê:“Gee pad van my af. Ek is hartseer,moet my nie probeer troosoor die ramp wat my volk getref het nie.”

5. Die Here my God, die Almagtige, bring oor die plek waar visioene gesien word 'n dag waarop Hy die plek in beroering sal bring, waarop Hy dit sal vertrap en vernietig, die stadsmure sal afbreek.Sy inwoners sal na die berg toe roep om hulp.

6. Elam kom met pyl en boog,hulle ry op strydwaens en perde,Kir maak sy oorlogswapens gereed.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22