Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 21:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Uitspraak van die Here teen Babel:Soos warrelwinde deur die Suidland trek,so kom daar iemand uit die woestyn,uit die land waarvoor almal bang is.

2. 'n Harde oordeel is aan my geopenbaar:die verraaier pleeg verraad,die verwoester saai verwoesting.Elam, jy moet oorlog maak! Medië, jy moet begin veg!Die Here maak 'n einde aan al die lyding.

3. Skrik oorweldig my, angs oorval my soos dié van 'n vrouwat 'n kind in die wêreld bring.Ek is verskrik oor wat ek gehoor het,ek is bang oor wat ek gesien het.

4. My verstand staan stil, angs oorweldig my,die rustigste deel van die dag is nou vir my 'n verskrikking.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 21