Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 18:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Voor die tyd van die graanoes,wanneer die bloeityd van die wingerd verby is,en die blomme druiwe geword het wat besig is om ryp te word,word die wingerdlote met snoeimesse afgesnyen die ranke afgebreek en weggegooi.

6. Die ranke word oorgelaat aan die roofvoëls uit die bergeen aan die wilde diere.In die somer sit die roofvoëls op die ranke,in die winter lê die wilde diere daarop.

7. In dié tyd sal daar geskenke aan die Here die Almagtige gebring word uitdie land wat deur riviere deursny word.Dit sal kom van die lang mense met die blink velle,die volk wat wyd en syd gevrees word,die nasie wat gewoond is om alles met mag plat te trap.Hulle sal die geskenke bring na Sionsberg toe,na die plek toe waar die Here die Almagtige geroem word.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 18