Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 13:14-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Soos 'n ribbok wat opgejaag is,soos 'n skaap wat nie opgepas word nie,so sal die mense uit Babel padgee,elkeen na sy eie volk toe,so sal elkeen na sy eie land toe vlug.

15. Wie gevang word, sal doodgesteek word,wie ingehaal word, sal om die lewe gebring word.

16. Hulle babatjies sal voor hulle oë papgeslaan word,hulle huise sal geplunderen hulle vrouens verkrag word.

17. Kyk! Ek maak die Mediërs Babel se vyande,hulle gee nie om vir silwer nieen is nie erg oor goud nie!

18. Hulle pyle sal die jongmanne deurboor;met babatjies sal hulle geen meegevoel hê nie,hulle sal kinders nie verskoon nie.

19. Babel, die sieraad onder die koninkryke,die pronkstuk en trots van die Galdeërs,sal deur God verwoes word soos Sodom en Gomorra.

20. Die stad sal nooit meer bewoon word nie,niemand sal ooit weer daarin bly nie.Geen Arabier sal sy tent daar opslaan nie,geen wagter sal sy kudde daar laat rus nie.

21. Net woestyndiere sal daar gaan lê;die huise sal vol uile wees;volstruise sal daar blyen veldgode sal daar ronddans;

Lees volledige hoofstuk Jesaja 13