Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 13:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Uitspraak teen Babel wat deur die Here aan Jesaja seun van Amos geopenbaar is:

2. Hou 'n vaandel op bo-op 'n kaal heuwel,ontbied die leërmag,wink hulle nader met die hand:hulle moet die poorte van die trotse stad binnedring!

3. Ek, die Here, het soldate in diens geneem,Ek het hulle ontbied om my oordeel te voltrek,hulle wat hulle verheug oor my mag.

4. Hoor die gedreun op die berge,soos dié van 'n groot leërmag.Hoor die rumoer van die koninkryke,van nasies wat saamgespan het!Die Here die Almagtige maak 'n leër gereed vir die oorlog.

5. Hulle kom uit 'n ver land,van die uithoeke van die aarde af;die Here en die werktuie van sy oordeelkom om die hele land te verwoes.

6. Huil, want die dag van die Here is naby;dit bring verwoesting,dit kom van die Almagtige af.

7. Almal se hande sal slap hang,almal se harte sal verstyf van angs.

8. Hulle sal skrikbevange raak,krampe en pyne sal hulle oorval;soos 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring,sal hulle inmekaarkrimp.Hulle sal mekaar beangs aankyk,wit van die skrik.

9. Die dag van die Here het nou gekom,dit is 'n wrede dag,'n dag van gramskap en gloeiende toorn,'n dag waarop die land verwoesen sy sondaars uitgeroei word.

10. Die sterre en die sterrebeelde sal nie meer lig gee nie,die son sal al donker wees wanneer hy opkom,die maan sal ophou lig gee.

11. Ek sal die land straf oor sy boosheid,die goddeloses vir hulle sonde.Ek sal 'n einde maak aan die hoogmoed van die vermeteles,Ek sal dié wat hoogmoedig en verwaand is, verneder.

12. Ek sal mense skaarser maak as suiwer goud,skaarser as die goud uit Ofir.

13. Ek sal die hemel skud,die aarde sal uit sy plek uit geruk word,Ek, die Here die Almagtige, doen dit in my gramskapdie dag wanneer my toorn ontvlam.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 13