Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 1:17-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Leer om weer goed te doen,sorg dat daar reg geskied,gaan die verdrukker teë.Laat reg geskied aan die weeskinders,behartig die regsake van die weduwees.

18. Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here:Al was julle skarlakenrooi van sonde,julle sal wit word soos sneeu.Al was julle purperrooi,julle sal wit word soos wol.

19. As julle gehoorsaam wil wees,sal julle die goeie van die land eet,

20. maar as julle weier en opstandig bly,sal die swaard júlle eet,want dit is die Here wat dit gesê het.

21. Die getroue stad het 'n ontrou slet geword!Die stad wat die tuiste van die reg was,waarin geregtigheid geskied het,is nou vol moordenaars!

22. Jou silwer het lood geword,jou bier is met water bederf.

23. Jou vorste is in opstand teen My,hulle is kop in een mus met diewe.Hulle is almal versot op korrupsieen is agter omkoopgeskenke aan.Hulle laat nie reg geskied aan weeskinders nie,hulle behartig nie die regsake van weduwees nie.

24. Daarom sê die Heredie almagtige God,die Sterke van Israel:Ek sal afreken met my teëstanders.Ek sal My wreek op my vyande.

25. Ek sal teen jou optree;met loog sal Ek jou lood weer tot silwer suiwer,al jou afsaksel afskei.

26. Ek sal jou regeerders weer maak soos hulle vroeër wasen jou leiers soos in die begin.Dan sal hulle jou weer noem:Stad van Geregtigheid,Getroue Stad.

27. Sion sal deur die oordeel vrygemaak word,dié wat hulle bekeer, deur 'n regverdige beslissing.

28. Wie oortree en sondig, sal almal verpletter word.Wie die Here verlaat, sal te gronde gaan,

29. want die afgodsbome waarop julle begeertes gerig was,sal julle vertroue beskaam,en julle sal teleurgestel staanmet die tuine wat julle bo My verkies het.

30. Julle sal wees soos bomewaarvan die blare verdroog het,soos tuine sonder water.

31. Die sterke word 'n stuk lapen sy werk is die vonk:die twee sal saam brandsonder dat iemand die vuur blus.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 1